Get Adobe Flash player
The Joy of the Lord is My Strength – Nehemiah 8:10 Halleluja!



Die Koning van konings is my Pa, 'n prinses is ek inderdaad!



Ek sing en skryf graag my eie liedjies. In 2010 het ek my 1ste Afrikaanse album vrygestel by die Andre Hugenoot (Huguenet) teater in Bloemfontein. “Aanbid Op Ons Geheime Plek”

Besoek Gerus my musiek blad - daar is meer inligting en ook 'n paar liedjies om na te luiter. Kyk onder die afdelings op die regter kolom en klik op "Rosie se musiek"

Dis die beste plek, my en die Vader se geheime plek. Wanneer almal slaap en mens hoorbaar voel hoe die huis kraak terwyl dit afkoel. Om tyd met die Vader te kan spandeur is 'n voorreg! My siel sê : "Ja liewe Heer. Ja vir u liefde. Ja vir U vrede. Ja vir U wil Heer. Ja vir U weg! Ek sê ja Heer!"

Die duiwel is lief om skelm speletjies met 'n mens se verstand te speel en jou logika te probeer bedwelm. As mens jou eie situasie net vir 'n slag van buite jou omstandighede beskou, kan ons soms verras wees met dit wat ons mis gekyk het.

Die duiwel het gedink hy't my stil gemaak met al die uitdagings! Stil by Jesus se voete JA! Dis waar ek is, besig om die Here alles te vertel!

Laat die duiwel gaan slaap man! God se woord leer ons nog voor die grondlegging van die aarde het Hy alreeds ons uitverkies! Efesiers1:4 Die Here lief ons dan stukkend! Net soos ons is!

Ons moet leer om te skitter en skyn met wat die Here ons gegee het! Kom ons fokus op dit JA! Daar sal maar altyd iemand beter wees wat ouliker is, slimmer dink, mooier sing , beter praat, kook of enige iets beter, slimer, sterker of kwaier! Maar elkeen van ons is pragtig, skitterend, uitsonderlik en uniek soos die Here ons gemaak het! Prys die Here vir wie ons elkeen is!

Solank ons lewe, en die Here regeer die lewe in ons, IS DAAR HOOP! Want met ons Here loop ons 'n bende storm, en met ons God spring ons oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. Psalm 18:30-31

Photos

Ons Geheime Plek

RosieOnsGeheimePlekRosieOnsGeheimePlek Luister na die liedjies ...
Click on advertisement to see more detail
view counter
view counter